Childhood Diseases

Question
Posted by: Sheree | 2017/09/14

Q.

Slym .

Goeie middag dr. Ons het min of meer dieselfde probleem as 'n vorige vraag. Ons seuntjie is nou 3 maande oud en ons sukkel al die afgelope 2 maande met snotties in sy neus en slym. Hy drink Novalac AC. Ons het al humidifier gebruik, puma, vicks, karvol, illiadin druppels, sterimar en flixonase druppels. Niks het gewerk nie. Ons het toe vermoed dis dalk 'n allergie maar pediater het gese hy dink nie so nie, hy dink dis eerder refluks. Ekt nie aan refluks gedink nie want hyt nooit melk opgebring nie en sy winde kom baie maklik uit. Hyt hom toe op nexium en gaviscon infant gesit. Ons gebruik dit nou so 2 weke en vandat boeta dit drink bring hy baie meer melk op as vantevore. Hy sluk wel nie meer so terug nie en lyk bietjie gemakliker, maar hy sukkel nogsteeds met sy neus en slym. Dis glad nie beter nie. Ek kry hom baie jammer want dis die ergste in die oggende, hy word wakker want hy sukkel om asem te kry en verstik in die slym. Enige raad sal welkom wees. Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician
- 2017/10/18

Hierdie is 'n baie goeie en belangrike vraag. Ek vermoed dat dit wel moonlik kan wees dat jou baba hoogs allergis is vir die formule melk. Die beste sal wees om Similac Alimentum te probeer. 'n Gewone HA formule is nie geskik vir sy graad van melk allergie. Gebruik ook FLO-Baby Neusspuit soggens en saans. Moet asseblief nie Iliadin of Flixonase (kortisoon) gebruik nie. Indien hy nie verbeter op die spesiale formule sal dit nodig wees dat jou baba deur 'n pediatriesie allergis behandel word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.