Childhood Diseases

Question
Posted by: cj | 2011/04/14

Q.

9 maande oue seun

Middag dok, ek het my seun weer laat weeg en hy weeg 8kg en is 74cm lank. kan jy my net laat weet of ek enigsins bekommerd moet wees oor sy vordering. dan verder, ek borsvoed hom tans (ek het ditgenoem in die vorige vragie). ek het besluit om hom na die borsvoeding oor te sit na koeimelk toe. tans wanneer hy klaar gevoed het, is hy rustig en soms raak hy net na voedingstyd aan die slaap. Al wanneer hy nie lekker aan my drink nie, is wanneer sy tandjes seer is - hy het nou sy 2 boonste tandjies saam gesny en dit wil voorkom of hy nog tandjies binne die volgende week kan sny. kan ek aanneem dat my borsmelk nog voldoende vir hom is?

baie dankie vir u raad en advies.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba seuntjie se lengte is ver bo die gemiddeld vir sy ouderdom , maar sy gewig is redelik ver onder die gemmiddeld [9.5kg] vir baba seuns van 9 maande.Hy lyk nog heel gelukkig op sy bosvoedings en is glad nie honger nie. Hou aan met sy borsvoedings tot minstens 12 maande voordat jy besluit om die koeimelk voedings te begin.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Karenza Botha | 2011/04/20

My seuntjie is 11 maande oud maar het nog net drama gehad van dag 1 af hy het gromets in sy ore gekry voordat hy 3 maande oud was dit het uitgkom toe hy 10mnd oud is sy ore is nog nie reg nie so hy moet weer gromets kry hy het n allergie maar hulle kan nie vir my se wat nie hy het al sy tande voor bo en onder en het nou al kies tande gesny aan albei kante bo en onder hy het n kroniese hoes wat hulle diagnotiseer as brongitus en mens wil nie net antibiotikas gebruik nie. Hy is 80cm en weeg 11,5 kg het geen vet aan sy lyf nie en hulle het hom op n yster aanvulling gesit klink dit normaal of is daar n probleem wat mens na moet kyk Hy is ook op Isomil-soyamelk

Reply to Karenza Botha

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.