Childhood Diseases

Question
Posted by: Yvette | 2009/04/03

Q.

9 maande oue baba slaap nie

Hi dokter,

My meisiekind is amper 9 maande oud. Sy het van 5 weke af deurgeslaap en op 3 maande het sy ' n vreeslike keel infeksie gekry, en wou toe aanhoudend drink (net bietjies op ' n slag agv die seer keeltjie). Van toe af het sy ook nog nie weer deurgeslaap nie.

Dis net asof dit die laaste twee - drie weke baie erger is. Sy raak byna elke half uur tot ' n uur wakker, dan wil sy of iets hê  om te drink, of sy lê  en speel en gesels. Deur die dag slaap sy 2-3 keer, en net so vir half uur tot ' n uur. So dis nie asof sy in die dag te veel slaap nie.

Toe my oudste ook op ' n stadium so knaend wakker was, het my pediater vir my Melatonin voorgeskryf. Dit het soos ' n bom vir ousus gewerk. Baba sus is nou al die hele week op die melatonin, en dit maak nie naastenby ' n verskil nie.
Ek gee ook nou al saans vir haar ' n teelepel Horlicks in haar melkies, met die hoop dat dit haar sal kalmeer - maar ook sonder sukses.

Ek moet bysê , sy is besig om tande te kry - en ek smeer gereeld Bonjela gel of Prodol druppels aan. Maar is dit regtig moontlik dat die tande haar - en my - so vreeslik uit die slaap kan hou???

Is daar enige iets anders wat ek vir haar kan gee om te probeer help?? Ek is absoluut op " auto pilot"  en my werk begin ly daaronder!

Hoop dok het vir my raad!!!

Groete
Yvette

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort probleem kom babie dikwels voor. Daar is beslis nou iets wat jou baba pla. Melatonin is gewoonlik baie effektief maar het hier geen verskil gemaak nie.Die probleem is miskien haar tandekry. Probeer Pansoral gel en sien of dit enige verskil maak. Indien nie sal dit miskien help om elke nou en dan of Panado of Calpol stroop te gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: anoniem | 2015/09/14

9 maande oue baba het haar inentings gekry, baba masels en breinfliesontsteking. Dis nou al 3 weke en die babatjie is steeds olik. Sy het verkoue simptome en het teen die 2de week simptome van babamasels gehad en n uitslag ontwikkel, die kliniek sister het gese dit is normaal. Tog slaap babatjie nie en het baie pyn agv tandjies sy raak frustreerd en het pyn. Ek gee panado stroop en teegel. Rooibos tee bad het gehelp vd uitslag wat kan ek vir haar ingee om die tande kry te vergemaklik?

Reply to anoniem

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.