Childhood Diseases

Question
Posted by: A | 2010/03/11

Q.

9 maande masels ent

Hi Dokter

My dogtertjie is nou 9 maande. Ek vat haar more vir haar inenting teen masels.

Ek weet nie wat om te verwag hoe sy gaan reageer op die inspuitings nie. Wat kan ek verwag? Gaan sy bietjie knieserig wees of so na die tyd? Waarvoor kan ek uitkyk en wat sal normaal wees? Wanneer moet ek bekommerd raak?

Kan ek haar ietsie gee na die tyd sou sy bietjie onrustig wees en wat? Ek kan nie vir haar rooi panadostropies gee nie, sy raak verskriklik hiperaktief daarvan. Ek gee nou tans as sy koors of pyn het ponstel, maar kan nie regtig agterkom dat dit ''n kalmerende effek op haar het nie.

Dankie vir die raad en hulp.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

In die meeste gevalle is daar geen probleme met die masels inspuiting.Indien jou baba 'n ligte koors ontwikkel kan sy Calpol neem. Dit behoort geen newe effekte te he nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.