Childhood Diseases

Question
Posted by: Erika | 2009-12-08

Q.

8 mnde oue baba kort-kort wakker in aand

My 8 mnde oue baba het in die verlede so een of twee keer wakker geword in die nag vir bietjie water en dan weer aan die slaap geraak. Van ' n maand terug het dit verander. Hy eet so tussen 18:00 - 18:30 purity se mielie pap. Daarna bad hy, so tussen 19:00 - 19:30 drink hy ' n bottel (pelargon), dan is hy doodmoeg en raak gewoonlik teen einde van bottel aan die slaap. Hy word dan so teen 12 uur wakker, wat ek hom sal probeer rustig kry met " dummy"  of ruggie vryf - gewoonlik is dit nie genoeg dan sal ek hom bietjie water gee of by my in bed sit tot hy weer slaap. Na ' n half uur word hy weer wakker met ' n redelike geskree. Ek het probeer om dit nie te doen, maar na ' n paar aande van sukkel, gee ek hom dan sy bottel. Daarna sal hy miskien 1 tot 2 ure slaap, daarna is hy omtrent elke half uur wakker, en huil skree tot ek hom water gee. Hy drink voor hy gaan slaap 150ml formule, 01:30 drink hy weer 150ml formule en tussen deur drink hy omtrent 250ml water. die kamer is donker, die tempratuur is reg, sy doek is droog, sy magie vol, weet nie wat anders dit kan wees. Help asseblief

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou baba honger raak en dit is die rede dat hy so dikwels wakker word. Water is nie die antwoord nie. Hy sal miskien meer gelukkig wees op 'n formule soos Lactogen2.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2009-12-09

Eet hy genoeg gedurende die dag? Gewoonlik as hulle so baie wil drink in die aand, het hulle nie genoeg kos geeet in die dag nie. Miskien moet jy bietjie eiergeel of vleis of jogurt vir hom gee saammet sy aandete.

Reply to Racoon
Posted by: NL | 2009-12-09

I had a similar problem a month ago with my 10 month old. I gave my baby Novalac SD for his last night feed and it seemed to have helped. He sleeps from 7pm until 5am when I give him another bottle.

Reply to NL
Posted by: carol | 2009-12-08

haal sy windjies uit dit kan hom miskien ongemaklik maak

Reply to carol
Posted by: carol | 2009-12-08

haal sy windtjies uit dit kan dalk die probleem wees

Reply to carol

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.