Childhood Diseases

Question
Posted by: Nuwe Mamma | 2009-07-09

Q.

7mnde oue baba slaap sleg

My seuntjie is nou 7mnde oud. Vanaf 4.5mnde slaap hy vreeslik sleg in die nag. Ek het gedink soos hy ouer word sal dit beter gaan, maar ongelukkig nie. Hy gaan slaap saans tussen 19h00 en 19h30. Om 23hoo raak hy vir die eerste keer wakker. Dan huil hy totdat hy ' n bottel melk kry (Lactogen no 2). Nadat hy die melk gedrink het raak hy weer aan die slaap. 1.5 of 2 uur later raak hy weer wakker en soek nog melk. So gaan dit aan tot moreoggend. Ons het eers probeer om sy dummy te gee as hy wakker word maar hy wil niks daarvan weet nie. Hy wil ook nie water of rooibostee drink nie. Wat moet ek maak om hom te kry om deur te slaap of om langer periodes te slaap sonder om melk te drink. Hy eet al vanaf 4.5mnde vaste kos en ek het geborsvoed tot op 5mnde. Vanaf 6mnde het ek begin om proteien by sy dieet te voeg. Hy slaap nie vreeslik baie gedurende die dag nie. (1.5 uur in die oggend en 30 min in die middag) Ek is terug by die werk en die min slaap nags begin sy tol eis. Raad asseblief.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die oorsprong van jou baba se slaap probleem was seker toe die erste tekens van tandekry op 4 maande begin het.Daarna het hy gewoond geraak aan die feit dat hy gereeld deur die nag 'n voeding kry.Miskien eet hy te min vaste kos op hierdie stadium. Lactogen 2 is 'n goeie keuse vir jou baba.Dit is ook belangrik om seker te maak dat sy neus oop is. Indien nie sal dit help om Salex neusdruppels te gebruik.Moet nie probeer om water of rooibos tee te gee nie aangesien hy nog honger sal bly.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Amanda | 2009-07-24

My 10mnd ou baba slp baie sleg ek is raadop al.

Reply to Amanda
Posted by: Amanda | 2009-07-24

My 10mnd ou baba slp baie sleg ek is raadop al.

Reply to Amanda

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.