Childhood Diseases

Question
Posted by: Ivy | 2010/01/15

Q.

7 maande baba dogter se probleme

Beste Dokter,

My dogtertjie het nogal ' n traumatiese keisersnee geboorte gehad. My pediater het vir 10minute gesukkel om haar te laat asem kry, haar apgar telling was 2 gewees, vyf minute daarna weer 2 en na tien minute 3 gewees. Ons was natuurlik baie bekommerd gewees dat sy dalk breinskade opgedoen het, maar na deeglike toetse deur die pediater het hy my verseker daar is geen breinskade. Sy is nou 7 maande oud en het uitstekende hand oog koordinasie - sy sien ' n label (van klere en komberse en labels op speelgoed dadelik uit en vryf dit die heletyd tussen haar vingers) en sy klap handtjies as ons se : handtjies klap.

Sy was 2 maande oud toe het ons haar laat opneem in die hospitaal vir so 5 dae lank vir verskeie toetse omdat sy glad nie deur die dag geslaap het nie, onder andere het sy koliek gehad, die ERG koliek, sy het sommer 6ure reguit gehuil. Daar was plate van haar maag geneem, en daar is net bevind sy het reflux. Sy het oorinfeksie ook gehad, en was onmiddelik op antibiotika geplaas. Op dag 5, wat sy nog steeds nie geslaap het deur die dag nie, en die hele tyd huil, het die pediater vir my gese ek moet aanvaar sy is ' n moeilike baba.

Wel so het dit maar aangegaan, en op 3 maande het ons die grommits laat insit. Dinge het verbeter, en sy het toe begin om darem deur die nag te slaap sonder om wakker te word. Maar wat my nou eintlik pla dat tot vandag huil sy vreeslik as sy vir vir 1 minuut alleen gelaat word, bv in haar loopring of in haar playpen. Sy sal blou moord gil tot ek haar optel en dan huil sy nie meer nie, en o ja terloops, sy slaap seker net twee keer ' n dag vir ' n halfuur met ' n helse baklei!

Baie mense se dis omdat sy bederf is dat sy huil as sy my nie kan sien nie. Sy is vreeslik aktief, sy staan al regop (kan nog nie loop nie), en dis nou al wat sy wil doen, ek kan nie meer voortbly om speelgoed te koop nie, sy sal tien minute geiintereseerd wees daarin, dan gooi sy dit eenkant en wil net kruip en regop staan. As ek haar vashou wil sy teen my opklouter. Dis seker normaal vir die ouderdom?? Maar nou my eintlike vraag: Het sy nie dalk ADD nie? Ek het nog nooit eintlik gehoor van 7 maande oue babas wat daaraan lei nie? En wat is u opinie op post traumatic birth disorder? Kan dit dalk wees dat haar geboorte so traumaties vir haar was dat sy die heletyd mense om haar moet he? Baie dankie vir enige kommentaar.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie vir hierdie vraag. Dit is moeilik om seker te wees wat die rede kan vir jou baba se slaap probleem en die feit dat sy so aktief is. Dit is onmoontlik op hierdie ouderdom om'n diagnose van ADD te maak. Ek vermoed dat die grootste deel van haar simptome as gevolg van haar slaapprobleem voorkom.Die vraag is eintlik hoekom sy nie kan slaap nie. Miskien is die rede 'n aanhoudende refluks probleem met sooibrand wat haar gedurig pla. Sy moet die regte behandeling vit refluks gebruik. Dit sal ook 'n goeie idee wees om nou Omega 3 te begin bv Eye Q.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.