Childhood Diseases

Question
Posted by: Nicci | 2012/05/09

Q.

6 maande dogtertjie wil nie drink nie

Beste dokter...

My 6maande oue dogter wil vandag nie haar melk drink nie  vir die afgelope 12ure het sy slegs 100ml gedrink.... Sy eet baie goed, met gretigheid haar pappies, yogurt en patats/butternut. Is dit iets om oor bekommerd te wees?

Wanneer sy wel drink, drink sy volgens my baie min deur die dag en soek dus snags haar bottel. Sy drink slegs 3 bottels van 150ml deur die dag en dan weer een in die nag (02:00-03:00) Ek bied natuurlik meer as net 150ml op ''n slag aan en meer gereeld, maar dit bly maar 3bottels. Hoe kan ek maak sodat sy meer deur die dag drink, en dan dalk moontlik kan deurslaap?

Dan het ons die fout gemaak om haar te bederf...wanneer sy dus wakker word vir ''n bottel in die aand wil sy nie weer in haar kot aan die slaap raak nie, maar by ons in die bed....ek het al vir nagte aanmekaar probeer uithou en aanhou om haar te help aan die slaap raak in haar kot, maar na ''n halfuur se gesukkel gee ek maar moed op, en sy huil buitendien teen daai tyd al.... wat is u raad aan ons?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar moet 'n rede wees dat jou baba vandal nie haar melk wil drink nie. Op 6 maande is dit miskien haar tande wat haar pla. Gee altyd haar bottel voor enige vaste kos.
Moet nie toelaat dat sy in jou bed slaap nie anders sal dit 'n gewoonte word wat moeilik gaan wees om te verander.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Artur | 2012/06/01

Health insurance usullay doesn''t cover cosmetic surgery, unless the cosmetic surgery is used to correct a medical problem. For example, the surgery to correct a deviated septum is the same as a cosmetic nose job .

Reply to Artur

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.