Childhood Diseases

Question
Posted by: YM | 2009/04/08

Q.

6 Maande baba met Gastroentirites

Hi Dok...

Hoop u kan my help...

My baba is 6 maande oud.. Het laasweek Dinsdag met maagwerkings en opgooi begin.. ek het daai aand vir hom Rehidrate gegee asook sy melk bottel.. hy het niks ingehou nie.. alles het hy opgegooi.. strome....

Ons het hom toe daai aand hospitaal toe geneem en hulle het hom opgeneem.. hy was op ' n drip gesit en elke 8 ure Buscopan IV gegee... asook 5 ml Panado.. hy was vir 3 aande in die hospitaal het toe met ' n loop/toe neus en hoes begin.. Dr het toe vir hom Rinex voorgeskryf... hy was laas Vrydag 3 April ontslaan.. hy het Sondag weer opgegooi en sy magie het nogsteeds gewerk..het hom Maandag terug Pediater toe gevat..hy het toe vir hom Kantrexil en Questrian Lite voorgeskryf en ook sy melk na S26 LF verander (net vir 2 weke), hy is op S26 Goud nr 2 gewoonlik..

Ek het hom gisteroggend Nestum pap gegee, gister Middag Butternut Purity en gisteraand Spaghetti, tamatie en Beef Purity.. hy was heel ok.. het toe gebad en sy 130ml S26 LF bottel gedrink.. en so rukkie later.. het hy weer ' n stroom opgegooi... maar hy is nie pap of siek gewees na die opgooi nie... en verder deur die aand was hy ok..

Wat gaan aan met hom... hierdie opgooi maak my klaar.. kan dit nog die Virus wees of wat..

Asb enige raad????

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ja, sy simptome is tipies die van 'n erge Rotavirus ontsteking. Dit lyk asof die ergste deel van die siekte nou verby is, maar indien hy weer opgooi of aanhou met diarree het moet hy weer deur sy pediater ondersoek word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.