Childhood Diseases

Question
Posted by: annie | 2010/11/09

Q.

5 year old still wet bed

My suster se seuntjie bly tans by my terwyl hulle oorsee is. Sy sukkel al vir ''n geruime tyd om hom van die doeke af te kry in die aand. Sy het my gevra om te kyk of ek dit nie kan reg kry nie. Hy het geen glipsies deur die dag nie, maar hy het elke nag ''n glips. Hy drink 18:00 in die aand vir die laaste keer iets (nie meer as 125ml) en gaan slaap 19:30. Voor hy gaaan slaap loop ons ''n draai. 22h00 as ek gaan slaap vat ek hom weer en as ek in die middel van die nag opstaan vat ek hom weer, maar dit help glad nie en elke aand maak hy sy bed nat. My suster is al moedeloos en sit vir hom ''n doek aan in die nag.maar ek wil dit nie doen nie. Hy word glad nie eers wakker van die nat klere of bed nie. En kom eers die volgende oggend agter dat hy die bed natgemaak het. Sy ma is ''n tipe 1 diabeet. Hy toon egter geen simptome van uitermatige dors nie en sy toets gereeld sy suiker om seker te maak dit is normaal.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou vraag is baie mooi uitgestel.Jou neefie het 'n probleem wat 'enurese' genoem word.Probeer eers die sterrekaart metode. Hy kry elke keer 'n goue sterretjie wat op 'n kaart geplak moet word indien hy nie sy bed nat gemaak het nie. Wanneer hy dit reg kry om drie sterreties in 'n ry te kry, het hy 'n klein presentjie verdien,klein maar tog iets wat hy wil he. Nadat hy die drie sterretjies in 'n ry gekry het, moet hy dan vier sterretjies kry, daarna vyf ens totdat hy glad nie meer sy bed natmaak nie.Indien hierde metode nie werk nie moet hy 'n pediater raadpleeg. Daar is deesdae baie goeie behandeling vir enurese.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.