Childhood Diseases

Question
Posted by: katryn diedericks | 2012/04/13

Q.

5 jarige stoelgang beheer

My seuntjie word in Mei 5 jaar oud. Hy is in alle opsigte (volgens my, kleuterskool en ouergardes) heel normaal en op goeie ontwikkelingsvlak. Dit is vir my asof hy vries as hy voel dis stoelgang tyd, hy sal steeds sy onderbroeke vuil smeer soos wat hy dit inhou of te laat is, hy kan nie self tot die besluit kom om toilet toe te gaan as hy voel dit is tyd nie. As ek nie by hom is om hom dop te hou, sal hy sy onderbroekie bemors. Ek ken sy toiletroetine maar kan hy nie self daarby uitkom nie. Hoe kan ek tewerk gaan om dit reg te stel, ek het al aanmoediging, straf, ignorering, beloning en alle metodes probeer. Dankie, Katryn

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is beslis 'n probleem veral omdat jou seuntjie seker nou al op skool is.Hierdie probleem word 'enkoprese' [Eng 'encopresis'] genoem.Google 'encopresis in children' vir inligting en raad.Enkoprese is 'n vorm van inkontinensie.Gewoonlik gebeur dit as gewolg van hardlywigheid in kinders van hierdie ouderdom. Dit is nodig om 'n pediater te raadpleeg wat die regte behandeling sal voorskryf en 'n spesiale dieet sal aanbeveel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.