Childhood Diseases

Question
Posted by: Carla | 2012/05/07

Q.

5 Jaar oud

My seun is nou net oor 5 jaar en is in die kleuterskool. So ''n rukkie terug het hulle hom en 3 ander kindertjies (sy beste maaitjie ook) na die Graag R klas toe geskuif, omdat hulle verveeld raak in die gewone klas. Hy is ''n baie gestimuleerde en soet kind. Net ''n rukkie daarna, het sy tantrums begin (net op ''n Maandag) as hy moet skool toe gaan. Hy wil by die huis bly by sy pa (pappa werk van die huis af). Hy huil histeries tot in die klas. Die volgende dag is hy weer homself. Ek straf hom met dat hy nie TV mag kyk of rekenaar mag speel die aand nie. Hy belowe my elke keer dat dit nie weer sal gebeur nie. Hoe moet ek dit hanteer? Dit ontstel my geweldig baie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Tot dusver het jy al die regte dinge gedoen om jou seuntjie aan te moedig om Maandae skool toe te gaan. Dis net Maandag oggende dat hy nie skool toe wil gaan nie,al is sy beste vriend nou ook saam in sy klas.Hy is seker baie gelukkig by die huis elke naweek en soos baie seuns van die ouderdom kry hy die "Monday Blues" Hou aan om hom aan te moedig en met tyd sal hy al ophou met sy tantrums.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Carla | 2012/05/07

Ek het al met sy juffrou en die hoof gepraat en hulle weer alleen met hom. Daar is niemand in die klas wat hom afknou of lelik is met hom nie.

Reply to Carla

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.