Childhood Diseases

Question
Posted by: Annie | 2012/02/27

Q.

4 vuil doeke per dag ens.

My baba dogtertjie (19 maande) se magie gaan die laaste 10 dae tot miskien 2 weke, ongeveer 4 keer elke dag. Dit lyk gewoon. Nie hard of sag of n ongewone kleur nie. Dit lyk ook nie of sy maagpyn het nie.
Moet ek bekommerd wees?

Sy eet die afgelope ruk meer vrugte en drink meer vloeistof, omdat dit regtig baie warm is het ek nie die hart om haar vloeistof te beperk nie.
Sy urineer ook meer gereeld, en die nat doek is meestal wit - nie geel soos urine nie.

Sy vat elke keer as ek haar doek omruil aan haar privaat dele. As sy aangetrek is pla dit haar egter nie.
Sy huil ook nie as ek haar in die bad sit nie.
Is dit deel van die normale ontdekking van haar liggaam, of moet ek bekommerd wees oor iets soos urienweginfeksie?

Sy raak ook meer gereeld wakker in die nag en is meer klaerig as sy wakker word, maar ek skryf dit toe aan die hitte - haar temperatuur bly so te sê  konstant 37 grade.

Ek wil net byvoeg dat ons twee weke gelede getrek het, en ek vermoed die wakker word kan ook te doen hê  met die vreemde omgewing en die ontwrigting wat haar roetine agv die trek die laaste twee weke gehad het.

Ons het die laaste 4 aande weer by haar normale roetine probeer hou. Eet, bad, bottel, slaap. Sy wou Donderdagaand nie dat ek loop uit haar kamer voor sy slaap nie (eerste keer in meer as n jaar) maar daarna was sy weer gelukkig om saans te gaan slaap.

Sy is in dagsorg, en haar juffrouens kan nie agterkom dat iets verander het nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou dogtertjie se roetine ontwrig is deur die vreemde omgewing by die huis na die onlangse getrek.Dit sal minstens twee weke neem voordat sy weer gelukkig en rustig is. Haar ander problem is tipies van 'toddler's diarrhoea' en kan aan die vrugte in haar dieet toegeskryf word.Sny al die vrugte en vrugtesappe uit haar dieet vir minstens 2 weke. Daarna kan sy weer vrugte begin eet maar net een keer per dag.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.