Childhood Diseases

Question
Posted by: Lynne | 2008/12/14

Q.

4 Vragies asseblief

Goeiedag Dokter,

My dogtertjie (4 en 1/2 mnde) was nou vir 3 dae gehospitaliseer vir bakterium en dehidrasie. Sedert sy ontslaan is sukkel ek verskriklik dat sy moet drink (sy sal so 50 ml op ' n slag drink en selfs dan is dit met ' n reuse gesukkel). Voor sy siek geword het, het sy so 110ml op ' n slag gedrink (sy weeg 5 kg en was 2.4 kg by geboorte), sy is op S26 Gold.

1. Is dit normaal? Wat staan my te doen?

Haar yster telling is 4.2 en ek gee tans vir haar chelafer (2 ml) asook baby c (1.5 ml).

2. Wat kan ek meer doen tov die yster?

Sy is nog nie gereed vir vaste kos nie, ek gaan eers op 6 maande daarmee begin.

3. Is daar dalk ' n beter melk met ' n groter volume yster aanvuller?

Ek gee ook 1 keer per maand vir haar probiflora pead sakkies (1 sakkie vir 8 dae lank).

4. Is dit voldoende?

Baie dankie :-) :-) :-)

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba se gewig is laer as die gemiddeld vir haar ouderdom. Onlangs het sy dehidrasie gehad. Sy drink tans te min formule. Sy behoort minstens 700ml perdag te drink. Haar yster vlak is baie laag. Probeer eers NAN Pelrgon om te sien of sy hierdie spesifieke formule sal drink.All die baba formule bevat yster. Dit is nodig om haar bloed na 4 weke weer te toets om uit te vind of die yster aanvulling haar yster tekort verbeter.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Gerda | 2009/03/16

Ons seuntjie van 6 maande het ' n toe neusie gehad asook met ' n lastige hoesie gesit vandat ons Isomil 2 begin gee het. Sy magie het ook aangehou spoel. Ek het die Isomil formule gestaak en net rooibostee gegee saam met sy vaste kos. Die probleme het dadelik verdwyn en graag sal ek wil weet of ons nou op die regte pad is om Nan HP 2 te gebruik. Hy moet nou ook ' n ysteraanvulling vir 2 maande gebruik nadat bloedtoetse getoon het sy ystervlak is te laag.

Reply to Gerda

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.