Childhood Diseases

Question
Posted by: Bekommerd | 2009/02/18

Q.

4 Jarige Slaap Nog Met Doek

My seun is 4 en slaap elke aand nog met ' n doek. Deur die dag, geen doek nie. Ons het nou al alles probeer. Was by die huisdokter ook gewees en is nou besig met die " Brush affect" . Hy drink van 17:00 af niks nie en gaan toilet toe voor slaap tyd. As hy sonder ' n doek slaap word hy nie wakker as hy wil piepie nie, maar wel as hy klaar nat is. Die doek is ook nog elke aand vol en was nog nie een keer leeg nie. Is 4 nog ok om met ' n doek te slaap? Is daar iets fout? Moet ek dit net los?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n moeilike vraag om te beantwoord. Jou seuntjie het 'n 'enuresis' probleem maar sy pediater sal eers hierdie probleem met die regtte medisyne begin behandel wanneer hy 5 jaar oud is. Intussen is dit die moeite werd om een of ander sterretjie kaart te gebruik om hom aan te moedig. Na elke drie droe nagte kry hy iets klein as beloning vir sy sukses.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: chans | 2009/02/20

my seun word nou april 6 en het nou eers vir omtrent 3-4 maande terug op hou doek dra in die aande. en ek het ook die probleem gehad dat ek nie doek kon kry om te pas nie so moes die pull-ups koop wat wel duur is en hou nie so baie vloeistof nie. hy het ook nie wakker geword as hy wil piepie nie. iemand het my gese hulle het ook die probleem gehad die kind slaap te vas om wakker te word om toilet toe te gaan. ons het dit maar gelos en dit is nou reg. hy staan nog nie op deur die aand nie maar hy nodig nie op te piepie ook nie. selfs voor die 4 maande was daar aande wat alles ok was. maar het gevind ook as hy emosioneel omgekrap is oor iets die dag dan het hy ' n glips daai aand. voorspoed en klink asof dit normaal is. hulle kan ook skaam raak op die ouderdom as ander moet weet hulle dra nog doek.

Reply to chans
Posted by: Jean | 2009/02/18

Hi daar, my dogter is ook nou 4 word 5 in Julie, sy dra nou nie meer doek nie, (haar heupe breed so dit pas nie) maar het nog elke aand ' n glupsie in die bed. ek het haar ook al by ' n dokter gehad en die dokter en navorsing wat ek gedoen het meen dit is normaal en ek moet nie te bekommerd wees nie, dit gebeur soms tot die ouderdom van 6 as dit daarna nog aangaan is daar medikasie wat hulle kan voorskryf, maar vir eers moet ek geduldig wees.
sterkte hoop dit help.

Reply to Jean

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.