Childhood Diseases

Question
Posted by: E | 2008-11-10

Q.

' Lactose intolerant ?' 

Goeie dag dr
My kleindogter van 1jr het konstant ' n probleem met slym op die bors. Sy was al vir fisio, maar nou klop haar ouers haar. Sy is kort-kort op adco-linctopent en haar ouers nebulize haar ook gereeld en dan bring sy geweld baie slym uit. Sy het van Nan gegaan na Lactogen na Parmelat First Growth en is nou op koeimelk. Sy' s mal oor yoghurt en nou ook vla. Haar ander eetgewoontes is normaal en sy weeg 9,6kg. Sy' s baie aktief en baklei partykeer teen slaap, maar wanneer sy uiteindelik aan die slaap geraak het, slaap sy 8 - 10 uur. Sy droom baie en maak dan harde geluide. Sy het wonderlike balans en loop reeds goed, het 4 tande, maar praat nog nie juis nie. Sy' s kort-kort by die paediater, maar sy het nog niks van die aanhoudende slym gesê  nie. Ek' s bekommerd oor die gedurige slym - Party mense sê  dis agv tandesny. Help asb. Baie dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wat hier nodig is is 'n vaste diagnose van jou kleindogter se bors kwaal.Dit is nodig om vas te stel of sy aan asma ly of is sy miskien vir allergies vir melk.Die beste sal wees om 'n pediatriese allergis te sien. Daar is spesialiste in al die groot stede in SA.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.