Childhood Diseases

Question
Posted by: Sophia | 2011-06-14

Q.

3.5 jaar oud

hi daar dr
Ek sit met my hande in my hare. My dogtertjie is gediagnoseer met melk alergee. En is ook op singluair pilletjie,ons vermoed sy het asma. Maar tog het sy ''n hoesie wat nooit wil weg gaan nie. Sy gebruik ook elke dag Texa. Ek neb haar ook met dulin. Wat kan ek nog doen wat kan help met haar hoes. Ek kom agter die oomblik was sy enige iets met perseveermiddels in eet of drink hoes sy omtrent dadelik. Ek het gedink om haar miskien dr toe te vat dat hulle exstra kan neem van haar longe miskien is daar iets wat ons mis. Wat dink jy kan ek doen
Dankie vir jou help ek wardeer dit baie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is 'n plesier. Ek vermoed dat jou dogterjie aan asma ly en dat sy tans sukkel met die tipiese asma hoes. Singulair is gewoonlik 'n goeie middel om asma te behandel, maar in sekere gevalle is dit nodig om ook ander medisyne te gebruik om asma onder beheer te bring.Sy moet enige kos of vrugte sappe wat preseveermiddels veral 'sulphites en benzoates' beveat heeltemal vermy.Die beste sal wees om 'n pediatriese pulmonoloog te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.