Childhood Diseases

Question
Posted by: Jacky | 2011/02/28

Q.

3 siek kinders

Hi Dr
Dankie vir al die vorige raad - dit help baie!! Al my kinders is siek. Seun amper 5yr oud het nog net die hoes. Die 2ling (19maande oud) het nogal baie slym en n hoes. Die 2ling weier om te eet maar drink wel hulle melk. Hulle gooi nie op nie en die magies werk ook nie. Net slymerig en hoes. My 1 dogtertjie kry koors sodra die medesyne uitwerk. Ek wil net weet of ek die regte medisyne gee en of hulle almal eerder DR toe moet sleep?
Ek gee vir hulle 3x per dag Flemeez en in die aand Acuflu
vir koors gebruik ek ponstan set pille of stroop.
Ek spuit ook die neusies. Moet hulle eerder antibiotika kry?
Help asb!
Byvoorbaat Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is byna seker dat al jou kinders die selfde siekte het en dit is ook byna seker dat hierdie siektes deur 'n virus ontsteking veroorsaak word. Jou oudste seun is seker nou al goed op pad om weer gesond te raak.Die tweeling sukkel tans nog met 'n nat hoes en hulle behoort redelik gou weer ook gesond te word. Die Flemeze is die regte medisyne om hull ete help om die slym uit te hoes. Moet aub nie die Acuflu vir hulle gee nie. Dit bevat pseudoephedrine wat nie vir kinders jonger as 2 jaar voorgeskryf mag word. Hou hull neusies mooi oop deur om Salex of Sterimar neusspuit te gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.