Childhood Diseases

Question
Posted by: anon | 2009-10-14

Q.

3 mnde - verkoue


my seuntjie is net oor die 3 maande oud. sy regter ogie is waterig en daar is geelerigheid in die hoekie en soms sit dit vas aan die ooghaartjies. dit wil voorkom of hy verkoue is of raak, want jy nies en hoes. nie baie nie, maar veral soggens as jy wakker word en bietjie deur die dag. sy neus loop nie, maar as jy nies, kom daar groen slym uit. ek gebruik al die afgelope paar dae chamiflor neusproei. hy was 2 tot 3 weke terug by die pead ook met dieselfde simptome. voorskrif was betanoid, vibrocil en flixonaise.
dit bekommer my dat my seuntjie sukkel met dit. dit sal seker nou die derde keer wees wat hy dieselfde simptome het - ogie wat dra, toe neusie met slym, nies en hoeserigheid.
moet ek aangaan met die chamiflor en wanneer is dit nodig om vibrocil en ander medikasie te begin gebruik. is vibrocil, betanoid, flixonaise ok vir sy ouderdom?
dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is nie gelukkig met enige van hierdie behandelings vir so 'n klein baba.Betanoid is 'n baie sterk cortisoon middel an Flixonase word net vir allegiese neuskwale gebruik. Gebruik liewers net Salex neus druppels soggens en saans en gebruik net skoon gekookte water[ wat afgekoel het] om sy oog skoon te maak. Indien hy na 3 dae nie beter is nie,moet hy deur 'n pediater ondersoek word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.