Childhood Diseases

Question
Posted by: Anonymous | 2009/06/11

Q.

3 jarige wil nie aandete eet nie

Hi Doc,
My 3 jarige dogtertjie eet nie baie goed in die aand nie. Sy is deur die dag in ' n skool en volgens die juffrou daar eet sy baie goed deur die dag. Sy kry ontbyt, middagete en dan ook ' snacks'  tussenin. Die probleem is, dat as sy nie met aandete genoeg eet nie, word sy gereeld in die nag wakker, slaap sleg en vra vir melk wanneer sy wakker word. Ek gee glad nie vir haar melk deur die nag nie, behalwe soggens as sy opstaan. Sy is nie ' n laat slaper nie en raak enigiets van 4h30 wakker. As ek dan vir haar melk gee, slaap sy verder tot 6h00.
Elke aand is dit ' n baklei om iets in haar maag te kry. Al wat sy wil eet is pap of vrugte. En dan eet sy ook nie baie nie. As ek wel vir haar van ons kos gee, sal sy net ' n paar happies neem en belangstelling verloor en die bord wegskuif. Dan vra sy vir pap of piesang.
Gisteraand het ek besluit om haar te los en nie ' n ' big deal'  te maak as sy nie haar kos eet nie. Ek het haar gunsteling gemaak en sy het my ook gehelp kosmaak. Ek wou haar meer betrek. Maar toe ek die bord voor haar sit, was sy nie eers geinterreseerd nie. Ek het haar gelos en later die aand het sy vir oats gevra. Ek het vir haar oats gemaak en piesang gegee. Sy' t gaan slaap en 1 uur wakker geword, weer na 2 en toe weer 4h30. Elke keer het sy vir melk gevra. Ek is seker sy was honger.
Wat moet ek doen, los ek haar, slaap sy sleg en raak honger? Ek kan tog nie elke aand haar forseer om te eet nie?
Sy is gesond en op gewig.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar bestaan geen twyfel dat jou dogter genoeg eet gedurende die dag. Hou die aandete baie stil en indien sy nie wil eet nie los haar maar en moet haar definitief nie forseer om te eet nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.