Childhood Diseases

Question
Posted by: Lila | 2008/08/25

Q.

3 JAAR EN SEWE MAANDE

My seuntjie van 3j en 7m, sukkel om sy magie te laat werk. Hy knyp, kruip weg agter die bank of enige plek waar niemand hom kan sien nie. Ek kan nie verstaan nie, want ek het hom op 2j gepotty train, alles het goed gegaan. Hy het sy potjie gebruik, maar vandat hy nou die toilet gebruik, het dit verander. Hy se dit maak hom seer as sy magie wil werk, dis hoekom hy soms knyp. Ek het al vir hom Laxon stroop gegee, probiflora vir kinders, om te kyk of dit sal verander, maar hy knyp nog steeds. Ek praat mooi, ek raas of slaan glad nie, want ek wil dinge nie vererger nie. Ek weet nie wat om te doen nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Is jou seuntjie hardlywig of nie? Indien hy wel hardlywig is, sal ek aanraai dat hy Duphalac twee keer elke dag moet neem vir 14 dae. Indien daar geen verbetering plaasvind nie is sy simptome miskien deur 'n klein skeur van sy anus veroorsaak. Die beste is dan om sy dokter te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.