Childhood Diseases

Question
Posted by: L | 2010-06-23

Q.

2jarige hoes al meer as ''n maand

Goeie more dokter,

Ek wil net graag weet of dit nodig is dat ek my dogtertjie van amper 2jaar na ''n dokter moet neem vir antibiotika of iets sterker???.

Sy hoes baie sleg en is verkouerig nou al vir meer as ''n maand. Ek gee vir haar Mucospect, Coryx en ''n hoes stroop (kan nie die naam onthou nie, maar het dit otc gekry by die apteek).

Ek sien geen verbetering nie, maar sy word darem ook nie erger siek nie (sy was op 7 maande in hospitaal met longonsteking).

Elke oggend hoes sy vreeslik erg (seker oor die slym wat in die nag opgehoop het), en sy kan ook nie baie rondhardloop nie want dan hoes sy ook baie erg.

Is dit normaal omdat dit maar winter is?? Moet ek haar eerder dokter toe vat en beter medisyne kry???

Baie dankie vir die raad!!!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou dogter se hoes probleem as gevolg van asma voorkom. Sy moet beslis deur 'n pediater ondersoek en behandel word. Moet aub nie aanhou om Coryx stoop wat pseudoephedrine bevat vir jou dogterjie te gee nie.Pseudoephedrine word nie vir kinders onder 2 jaar ouderdom voorgeskryf nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.