Childhood Diseases

Question
Posted by: LU | 2009/11/10

Q.

21MNDE MEISIEKIND SLAAP NOG NIE DEUR NIE...

My meisiekind is 21mnde die week, sy word nogsteeds 3-4 keer ' n nag wakker, sit dan regop in haar bed en huil vir ons of sy klim uit haar bed uit en loop na ons kamer toe. Ek het haar darem al die laaste 6weke heeltemal af van die bottel deur die nag, so sy drink slegs ' n bottel melk as sy gaan slaap na bad tyd.
Sy het ' n vas gestelde roetine: 19h00 Bad, 19h30 storie lees en 19h45 in die bed en slaap. Sy word redelik maklik aan die slaap en weet wanneer dit haar slaap tyd is, sy slaap ook al van 9maande af in haar eie kamer en van 15 maande af in haar eie bed.
Ek het eers gedink sy word so baie wakker omdat sy toe nog ' n botter melk of tee gedrink het in die aand maar ek het vir haar water begin aanbied en so van die nag bottel afgekry, maar sy bly nogsteeds baie wakker word.

Hoe nou gemaak Doc?

Dankie Byvoorbaat!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie vraag is nie maklik om te antwoord aangesien jou dogter nie honger is nie wanneer sy elke nag wakker word. Wanneer sy na jou kamer kom moet sy dadelik weer na haar eie kamer geneem word.Deel van haar probleem is dat sy nou gewoond geraak het aan die aandag wat sy elke nag kry wanneer sy begin huil. Die enigste oplossing is om die 'contolled crying' metode te gebruik. Kyk op Google vir advies hoe om die metode te gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: LU | 2009/11/10

Jammer, het vergeet om te noem:

Sy is glad nie siek nie, het nie ' n toe neus nie, het nie ' n reflux probleem nie en haar ore pla haar ook nie. Sy is die laaste 9maande baie mooi gesond en kan nie dink dat enige van die bogenoemde haar op die stadium pla nie!

Dankie

Reply to LU

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.