Childhood Diseases

Question
Posted by: LEE | 2010/05/19

Q.

2 KINDERS HOESERY...

Goeiedag Dokter,

My dogtertjie is 22maande en het nou ''n hoes en loopneus ontwikkel. Sy hoes so erg (slegs snags) dat sy opgooi. Haar neus se uitloopsel is deurskynend. Ek spuit salex in 3 maal per dag, babyvac haar, sit die humidifier aan snags,spuit karvol in die kamer maar die probleem vererger net... ek gee ook vir haar acc 200, imuunboosters, vit aanvullers, probiflora asook yster - sy het ''n yster tekort.

Wat meer kan ek gee om dit te laat end kry?

My seun is 5jaar oud. Sy mangels, adenoids is verwyder op 17mnde. Hy is ook op imuunboosters, vit aanvullers, probiflora asook yster vir sy tekort. Nou het hy ook snags begin met ''n lelike hoes. Hy het ook ''n loopneus en ek gee ook vir hom salex...

Wat kan ek meer vir hom doen?

Beide my kinders eet en drink gesond en het nie koors nie. Hulle slym sit nie in die bors nie, ek vermoed dit is meer post nasale drup. Asseblief dokter - wat kan ek gee dat dit ophou en hoekom werk die boosters, vitamienes en probiflora nie?

Baie dankie dokter!!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy is baie welkom. Jou 22 maande meisietjie ly aan kinkhoes en dit is die rede hoekom die medisyne en ander aanvullers nie help nie. Hierdie is 'n baie moelike siekte om te behandel. Gaan asb terug na die pediater en vra vir die regte behandeling vir kinkhoes.
Ek vermoed dat jou seun van 5 jaar ook met dieselfde siekte begin. Hy moet nou vroeg in die siekte behandel word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.