Childhood Diseases

Question
Posted by: Soentjies | 2010/11/12

Q.

2 jarige se rash

More dokter

My dogtertjie van 2 het ''n uitslag by haar doek area. Dit is nie presies by die pie pie gaatjie nie, en ook nie by die poefie gaatjie nie. Dis in die middel waar die boudtjies begin (meer by die vou waar die boude aanmekaar raak).

Ek dink dis dan haar pie pie wat dit veroorsaak. Maar ek verstaan nie hoekom nie, want elke oggend vee ek haar met ''n skoon warm lappie af vir die aand se pie pie en in die aande bad sy. Deur die dag dra sy haar panty by die skool.

Ek het nou al die hele week vir haar Lansinoh boud room aangesmeer wat altyd wonderlik vir die boud rash werk, maar die klein rooi uitslag bly daar!!

Kan sy dalk infeksie of iets hê , moet ek dalk haar pie pie laat toets?

Sy is ook verkouerig op die oomblik (nie dat ek dink dit kan die oorsaak wees nie?)

Baie dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is mooilik om seker te wees oor die oorsaak van jou dogtertjie se uitslag. Dit is moontlik dat sy 'n kontak allergie het, miskien as gevolg van kontak met haar broekies. Sy moet net katoen onderklere dra wat in Woolite of Sunlight seep gewas moet word. Moet geen Sta-soft ens gebruik nie.Probeer Mylocort Room twee keer per dag.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.