Childhood Diseases

Question
Posted by: Miekè  | 2012/08/14

Q.

2 jarige eet sleg

Geagte Dokter.
My tweejarige dogtertjie eet baie sleg, soms net 2 lepels pap, hier n happie kaas,of sy sal in die oggende die grondboontjie botter gaan haal en dan so 3 lepels daarvan eet, eet nie regtig groente nie, en vrugte glad nie!ek gee net in die aand vir haar n bottel milo om te drink, deur die dag is dit rooibos tee, ons probeer ook baie min vir haar lekkergoed gee, sodat sy haar nie daaraan versadig eet nie. Sy eet op die meeste 2 happies van n voedsel soort as ons gelukkig is. Eet natuurlik ''slapjips'' maar wil dit nie die hele tyd (elke dag, of ete) gee nie.Ek gee vir haar n multi vitamien, maar is steeds bekommerd dat sy nie die regte voedingswaarde inkry nie.Baie dankie vir u tyd en al die wonderlike raad wat u altyd gee.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie vir jou mooi woorde.Kinders van hierdie ouderdom is geneig om redelik min te eet. Die vraag is eintlik of jou dogterjie nog aanhou om gereeld gewig op te tel.Sy is nou oud genoeg om saam met die gesin by die tafel te sit by al die maaltye. Sy kan in haar eie stoel sit. Sy moet minstens twee koppies melk elke dag drink.Gee vir haar haar eie lepel dat sy haarself kan voed. Sit haar bord kos voor haar en moet glad nie vir haar kyk nie.In die begin sal sy miskien aanhou om sleg te eet,maar sy sal later probeer om haar ouers te naboots wanneer julle eet en met tyd sal haar eetlus al hoe beter word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.