Childhood Diseases

Question
Posted by: Jenny | 2009/06/09

Q.

2 jarige eet baie min

Hi, my 2,5 jarige seuntjie sukkel vreeslik om te eet. Hy was 2.2 kg met geboorte wat heelwat kleiner as ander babas is. Hy is nog steeds baie kleiner as ander kinders sy ouderdom. Ek en my man is klein en verwag nie hy moet regtig baie groot wees nie, maar hy eet baie min (die tye wanneer hy wel eet). Ek gee hom glad nie melk deur die dag nie, maar hy vra vir ten minste 3 melkbottels in die nag. Hy weeg so 9 kg. Verder is hy so gesond soos enige ander kind, hy het ook vreeslik baie energie. Hy gaan slaap nooit voor 21:30 nie, slaap maksimum 2,5 ure deur die dag en staan altyd voor 8 in die oggend op. Dit lyk net asof hy nooit uit sy eie honger word nie. Gaan dit verkeerd wees om sy melk heeltemal weg te vat? Of gaan dit hom dalk druk om bietjie meer te eet?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek will eers seker maak dat jou seuntjie nie aan 'n ystertekort-anemie ly as gevolg van all die melk wat hy drink. Vra asb vir sy dokter om sy bloed te toets vir 'n moontlike ystertekort.Indien sy bloed toets wel normaal is sal ek aanraai dat jou seuntjie nie meer as twee koppies melk per dag moet drink nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.