Childhood Diseases

Question
Posted by: Annie | 2012/10/10

Q.

2 jarige dogtertjie

Hoe weet ek as iets emosioneel met my dogtertjie fout is / gebeur het?

Sy is 26 maande oud en praat nog nie sinne nie en nog brabbeltaal - maar onophoudelik.

Hulle het begin September begin potty train by die skool. Sy was gereed hiervoor - wou reeds voor dit op potjie piepie en het gesê  as sy wil piepie/poef.

Alles het uitstekend gegaan. Juf het genoem dat sy vreeslik oulik is al is sy so klein - die andfer in haar groepie is ouer as sy.

Van verlede week af wil sy nie by die huis op die pot piepie nie. Sy vra vir n doek. Tog lyk dit of sy soggens daarna uitsien om n pantie bo-oor die doek aan te trek omdat haar juffrou nounou die doek gaan uittrek..... verlede week was sy huiwerig om skool toe te gaan en die laaste 3 dae huil sy.

Sy is van 8 maande oud af in dieselfde kleuterskool en sy huil nooit. Slegs na die Desember vakansie het sy 2 oggende gehuil.

Sy slaap ook slegter as normaal en kry nagmerries. Alhoewel sy gisteraand deurgeslaap het.

Ek is 7 maande swanger met nr2 - maar sy weet al vandat ons die bloedtoetsuitslae gekry het. Sy lyk al opgewonde oor die baba - wil babaklere koop vir HAAR baba en kom gee my maag uit haar eie drukkies en soentjies....

Sy het 2 weke gelede haar kot verrruil vir n bed en nuwe beddegoed &  gordyne - maar hieroor is sy ook opgewonde. Wys vir almal haar nuwe bed en gaan graag bed toe in die aand.

Daarom dink ek nie dis die veranderinge by die huis wat pla nie. Ek vermoed iets het by die skool gebeur moontlik as haar juffrou nie beskikbaar was nie? Maar hoe kan ek so iets bevestig? En wat kan ek doen om my dogtertjie se nagmerries weg te vat?

Sy huil " myne  myne"  in die nag.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek stem saam dat dit iets by die skool wat onlangs gebeur het wat jou dogtertjie so ontstel.Sy is huiwerig om skool toe te gaan en boonop het sy onlangs begin om snags nagmerries te kry. Ek vermoed dat dit iets te doen het met die 'potty training' by die skool. Die beste sal wees om met haar onderwyser te praat om uit te vind wat daar gebeur het. Daarna sal dit makliker wees om haar selfvertroue weer op te bou.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.