Childhood Diseases

Question
Posted by: Raadop | 2011-03-09

Q.

2 en n half jarige seuntjie

more,my seuntjie van 2 en n half wil nog nie 2 woord sinne praat nie.die skool het my genader om hom na te vat om sy gehoor te toets want hulle is bang hy raak agter.Sy gehoor toets reg.hy drink nog in die aande sy bottel as hy gaan slaap maar verder deur die dag drink hy sy bekertjie.hy kry ook verskriklike tantrums waar hy neerval, skree en skop veral as ek hom by die skool aflaai.as hy nie sy sin kry dan sal hy ook skree.slaan en raas help nie meer nie.die spraak terapeut se sy tong het ly geword.Hy eet mooi en drink ook mooi uit n bekertjie of glas uit.ek speel nou speletjies waar hy sy tong moet uitsteek links en regs en af kry hy reg maar ky kan nie sy tong op nie.ek kan ook nie sien of die velletjie onder sy tong dalk te kort is nie(sy boetie van 7j se tongvellejitie was te kort en is net geknip gewees)al wat ek kan sien is dat dit lyk of sy tong te kort is om op te beweeg.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is minstens twee probleme hier. Eerstens is daar die vraag oor sy tongvelletjie. Wat se die spraakterapeut?Die beste sal wees om sy pediter te vra om hom te ondersoek en indien nodig na 'n ONK spesialis te verwys om die velletjie te knip.Tweedens is daar die probleem van sy tantrums. Hierdie probleem kom baie dikwels voor onder kinders van hierdie ouderdom.Elke keer dat hy met 'n tantrum begin moet hy dadelik na sy kamer toe gaan en moet daar bly. Hy mag nie sy kamer verlaat totdat hy weer stil is en bereid is om jammer te se.Google:temper tantrums

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: MoMMyL | 2011-03-09

(Sien my post na die) My seuntjie praat ook nog nie, maar hy gooi nie tantrums nie. ek het hom nog nie na ''n terapeut toe gevat nie. maar als lyk normal by hom sy tong. Ek wonder wanneer het jy besluit om you seuntjie na die spraak terapeut toe gevat.

Reply to MoMMyL

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.