Childhood Diseases

Question
Posted by: tina | 2010/02/01

Q.

18mnde Slaap nie

Goeiedag Dokter,

Eerstens ' n reuse dankie vir al u raad altyd, dit word opreg waardeer!!

My dogtertjie is nou 18mnde oud, sy het al haar tande, eet en drink goed deur die nag. Sy drink nie melk in die dag nie, maar vir die afgelope maand drink sy ongeveer 220ml melk deur die nag.
Vir die afgelope week is sy konstant wakker wat sy my roep. Sy is nie te warm nie, doek is fine as ek kyk, maar sy is kort-kort wakker?! Ek gee dan haar bottel melk of dummy en dan slaap sy verder vir so uur of wat en word dan weer wakker.

Gaan sy dalk deur ' n groeifase of is dit skeidingsangs?
Wat kan die rede hiervoor wees? En wat kan ek doen hieromtrent?

Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy is baie welkom. Dit is moeilik om seker te wees oor die oorsaak van jou dogterjie se nuwe slaap probleem.Is jy seker dat sy al haar tande het want die kiestande kom gewoonlik op hierdie ouderdom deur? 'n Ander moonlkiheid is dats iets onlangs verander het in haar omgewing.Was sy miskien onlangs op vakansie van die huis af weg?In elk geval behoort hierdie slaap probleem net van kort termyn te wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.