Childhood Diseases

Question
Posted by: RIX | 2009/06/17

Q.

17 MAANDE OUD HOES EN LOOP NEUS

Hi dok, my 17maande seuntjie het ' n loop neusie en het ' n slegte hoesie. (sy eerste hoes van geboorte af!) Ek het flusin dm tuis wat ek vir sy ouer boetie gegee het, maar is nie seker of ek dit vir hom ook kan gee nie. Hy is nie koorsig nie. Nog ' n vraag - kan ek vir hom bronchoped gee of is dit eers vir ouer kinders? Of moet ek liewer wegbly van hoesmeds af? Wanneer moet ek regtig begin bekommerd raak en hom dok toe neem? Ek wil ook graag weet wat is in u opinie die beste koorsmedisyne ens om te gebruik? Daar is so baie op die mark en mens wil graag die ene kies wat volgens paeds aanbeveel word. Ek het regtig gesonde kindertjies en sukkel nie met hulle gesondheid nie, die dat ek so senuweeagtig raak as hulle oeserig is. Hy bly ook tuis by ' n nanny en is nie in ' n creche nie. Baie dankie byvoorbaat

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie siekte word deur 'n virus ontsteking veroorsaak. Dit is basies 'n verkoue gepaard met 'n infeksie van sy bors wat 'brongiolitis' genoem word.Hierdie siekte sal vanself genees en daar is gen rede om enige hoesmiddels te gebruik nie. Gebruik Salex neusdruppels soggens en saans in sy neus en net Panado of Calpol stroop vir koors.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.