Childhood Diseases

Question
Posted by: JK | 2012/10/02

Q.

16 maande oue dogtertjie loop magie

Prof, my dogtertjie het verlede week vreeslik diarrhea gehad, ek het haar noodgevalle toe geneem verlede Maandag, sy het geen koors gehad nie en het normaal gefunksioneer. Die Paed aan diens het gese dis agv die Augmentum antibiotika wat sy gedrink het vir oor infeksie. Hy het vir haar medisyne voorgeskryf en ons moes alle yogart en kaas stop totdat die magie weer reg is. Ons moes die antibiotika ook los want die ore was gesond. Die maag het opgeklaar teen Donderdag en ons het medisyne gestop. Vrydag normale doek gehad, Sat geen doek. Sy het nou weer Sondag begin met 2 vreeslike " los doeke"  per dag, ek moet haar elke keer heeltemal skoon aantrek, vessie, broekie en alles. Kan dit wees dat die " kiem"  nie uitgewerk het nie en dat dit nou weer terugkom? Die doeke is nie so soos van tevore (toe het sy amper 4 - 5 waterige doeke gehad per dag). Of kan dit maar net die gewone " tande doeke"  wees? Sy het weer geen koors en is glad nie ongesteld nie, hardloop rond, drink haar melk en eet relatief goed!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou dogtertjie se loop magie kan nog as gevolg van die onlangse antibiotika wees. Dit is nodig om 'n probiotika vir haar te gee. Probeer Reuterina 5 druppels elke dag vir 10 dae.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.