Childhood Diseases

Question
Posted by: M6 | 2009/08/19

Q.

16 maande oue dogterjie met kopverkoue en sny tande

i
Wil net graag weet - my 16 maande oue bab adogtertjie sny tande maar het ook kopverkoue - besonderse toe-neusie en hygende borsie met roggel hoes

Ek het nou vir haar neusdruppels gekry   stilpyn vior koors maar ek sukkel om die borsie op te klaar - 3 druppels borsdruppels in haar rooibostee bottel ( ek het die melk bietjie uitgesny nou met die verkoue selfs al is sy op Soja melk)

Kan sy al hoesstroop drink?

Ek het `n huishoudelike hoes stroop resep wat puik werk vir almal maar ek is versigtig om vir haar te gee

Hoesstroop bestanddele:
Asyn  water  suiker knoffel en gemmer saamgekook afgekoel en dan gedreineer om knoffel en gemmer stukkies uit te haal.

As dit behoorlik afgekoel is word die volgende bestanddele ingevoeg
Voeg daarby heuning  borsdrupples  allergie stroop en 200 ml hoesstroop met 1 bottel koorsmedisyne en 1 bottel multi vitamien stroop

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba dogtertjie het verkoue en miskien ook brongiolitis wat 'n virus borsontsteking is. Sy sal na 5 tot 10 dae weer vanself gesond word.Moet haar nie Stilpyn gee nie. Dit bevat kodeien wat hardlywigheid kan veroorsaak. Moet ook beslis nie hierdie hoes medisyne gee nie. Ditt sal gevaarlik wees en haar nie help nie. Gebruik net soutwater druppels in haar neus en Panado vir koors indien nodig.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.