Childhood Diseases

Question
Posted by: Anneline | 2009/12/08

Q.

15 month old son

Ek is baie bekommerd.
My seuntjie is nou 15 maande oud. Ek het hom vandag laat ent (MMR) en sommer by die klinieksuster (privaat praktyk) laat weeg en meet. Tot ons skok, het hy sedert nege maande (ses maande gelede) geen gewig opgetel nie en ook sedert 1 jaar (drie maande gelede) niks gegroei nie.
Op 12 maande het ons die afplatting in gewig toegeskryf aan die feit dat hy baie aktief is, maar nou is dit kommerwekkend.

Ek het hom in Julie (nege maande oud) laas by die peadiater gehad vir ' n roetine checkup en tot daardie tyd was sy groei kurwe baie goed (inteendeel hy was lekker vet!).
Dit is daarna dat sy eetlus afgeneem het en dit my begin opval het dat hy baie dors is.

Ek het hom so ' n maand gelede na die GP geneem, omdat hy so baie vloeistof drink, maar die GP het gevoel dat my seuntjie te gesond lyk om iets te makeer en het gesê  dat hy dalk net meer vloeistof gebruik.

Nadat die klinieksuster vandag die afplatting in sy groei opgemerk het, het sy vir my ' n " urienestrokie"  saamgegee om sy uriene te toets.
Ek het dit pas gedoen en daarom die bekommernis: Die blokkie vir suiker, proteien en bloed het verkleur - nie die een vir leukosiete nie.
Die blokkie wat proteien aandui, het die mees dramaties verkleur.
Ek sal hom more dokter toe neem en ' n afspraak by die peadiater maak, maar ek is rasend.

Wat kan dit wees?

Dankie vir jou moeite!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die diagnose wat eerstens hier getoets moet word is diabetes. 'n Ander moontlikheid is 'n nier probleem veral nefritis.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.