Childhood Diseases

Question
Posted by: ALICE | 2011/10/20

Q.

15 maande cerelac

My baba dogtertjie sal oor 3 dae 15 maande oud wees.
Sy gaan 5 dae per week skool toe en eet daar oats, weetbix, mieliepap, creamy meal &  maltabela - elke dag van week iets anders en die juffrou sê  sy eet baie goed.
Maar naweke by die huis weier sy om iets anders as nr2 Cerelac Arbei-geur te eet!
Die nr 2 is natuurlik baie fyner as wat sy nou hoef te eet, maar omdat sy ander kos met tekstuur eet bekommer dit my nie, maar voldoen die nr2 pap nog aan al haar voedingsbehoeftes?

Sy het oor die algemeen nie n probleem om nuwe goed by die skool saam met haar maatjies te eet nie, maar by die huis soek sy dit waarvan sy hou.
Polony, kaas, broodjie, vleis, groenboontjies ens. Gelukkig is sy nie baie lief vir lekkers nie.
Gedurende Desember gaan die skool vir 3 weke toe wees en gaan sy net by mamma eet - moet ek aandring op verskillende ontbytgrane en verskillende soorte groentes, of kan ek haar net dit gee waarvan sy hou???

Sy is klein gebou, het op 14 maande eers 9,3kg geweeg, maar sy is n gesonde dogtertjie.

O-sy drink ook geen formule melk nie. Slegs volroom melk (bv clover) verdunde purity vrugtesap of water.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou dogtertjie is nou by die ouderdom wanneer babas nog daarvan hou of fyn kossoorte te eet. Indien sy redelik goed vorder en gelukkig is,is dit nie nodig om bekommerd te wees nie. Sy sal met tyd leer om ander ontbytgranne te eet soos Weetbix wat sag is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.