Childhood Diseases

Question
Posted by: CATHY | 2012-10-24

Q.

14 mnde baba vrees vir donderweer en reen

hi
hoe kan ek my baba kalmeer as die donderweer so slaan en my die kleuterskool se hulle hy huil verskriklik
dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort vrees kom baie dikwels voor onder babas van hierdie ouderdom veral omdat hulle gehoor so sensitief is.Dit is nodig om met jou baba seuntjie te speel wanneer dit donderweer is en om te probeer om sy aandag op iets anders te vestig. Met tyd sal hy al hoe meer gewoond raak aan donderweer.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Annie | 2012-10-25

Huil jou baba by die huis ook?

Ons probeer van die begin af ons dogtertjie nie bloodstel aan vrees vir donderweer nie. Dit beteken sy kan nooit by haar ouma bly as daar weer in die lug is nie - want ouma is regtig vreeslik bang vir die weer. As die storm regtig erg is, het haar pappa haar ook nie vasgehou nie, want hy raak ook bang.
Ek was gelukkig nog nooit n bang mens nie, so kon haar altyd vashou of met haar speel. Sy is egter ook nie n bang kind nie.

Van die bietjie wat ek weet is bang-wees ook maar iets in jou persoonlikheid. My boetie is bang gebore, ons het hom nooit bang gemaak nie maar hy is al 30 en is steeds bang vir die donker en klomp ander goed.

Ek dink deur self kalm te bly en haar te wys jy is nie bang nie sal n goeie begin wees. Jy kan ook vir haar vertel dis net donderweer - maar ek dink die belangrikste is dat julle self kalm bly. Klein kindertjies voel jou gemoed aan en help nie jy probeer iets sê  wat jy nie voel nie.

By die Kleuterskool is dit moeiliker, want jy weet nie of haar oppassers dalk n bietjie bang voel nie.

My dogtertjie is nou 27 maande. Ek het haar begin vertel dis Liewe Jesus wat die donderweer stuur dat die reë n kan kom. En die reë n gee die gras en bome water, want hulle is dors.

Maar dan së  sy altyd die reë n is " stout"  want dis " nat"  en " mors"  - want ja - as sy mors by die huis is die vloer nat!!!

Reply to Annie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.