Childhood Diseases

Question
Posted by: Lynne | 2009-10-17

Q.

14 maande baba - gastro

More Dokter,

My baba is dinsdagaand opgeneem vir gastro, sy het vir 2 ure erg gebraak en het begin dehidreer. Sy het geen diaree gehad nie. Sy is donderdag ontslaan en is heeltyd huilerig en knieserig (sy sny ook BAIE erg tande tans). Gistermiddag (vrydag) het sy begin met diaree - sover nog net 3 baie loperige, mostertkleur doeke. Ek het vir haar chloropect gegee, en sy braak nie meer nie. Sy wil niks weet van haar melk (nan lf) nie (sy drink gewoonlik pediasure aangesien sy erg ondergewig is - 7.6 kg). Haar pediater het bloedtoetse laat doen op haar - slegs haar yster is laag (2).
Sy het deur die nag slegs so 50ml melk gedrink en het vanoggend wakker geword met ' n lelike slymerige hoes (dit is nie in haar bors sover ek kan aflei nie).

Wat staan my te doen? Sy eet minimum, drink bietjie sap (appel), maar sy is defenitief nie lekker nie. Haar gewig bekommer my ook... my man, ek en ons seuntjie is almal maer en fyn, en sy sny al vir maande lank tande (kiestande, oogtande bo en onder), so sy is nie lus om te eet nie.

Baie dankie,

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba se simptome is tipies die van 'n baba wat 'n erge gastro infeksie onlangs gehad het. Ek vermoed dat sy 'n Rotavirus ontsteking gehad het. Na hierdie soort ontsteking is daar baie keer 'n tydelike vorm van laktose intoleransie. Sy moet alle melk en suiwel produkte heeltemal vermy. Intussen kan sy 'n soja melk dink. Die beste sal wees om vir haar Isomil 2 te gee. Sy moet ook 'n probiotika soos Reuteri druppels 1ml elke dag neem vir minstens 10 dae.Hierdie tydelike laktose intoleransie sal vir min of meer 3 maande aanhou en daarna kan sy weer melk en suiwel begin drink en eet.Sy kan net appelsap drink, geen ander vrugte sappe nie.Ek hoop dat haar kiestande gou sal verskyn.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.