Childhood Diseases

Question
Posted by: Louise | 2009/06/11

Q.

13maande eetlus in die aand

Goeie dag.
My 13 en '  n half maande dogtertjie wil nie regtig in die aand eet nie. Sy eet pap in die oggend en gekookte kos in die middag by die dagmoeder met ' n koekie of vrug ens. teen 15:30. Ek is onlangs gese om vir haar nie meer as 600ml melk meer te gee nie. Sy drink in die oggend omtrent 100ml rooibostee en dan 3 bottels van 120ml deur die dag. Sy eet gewoonlik hier teen 5:30 aandete. EK sukkel om vir haar dan kos te gee. Sy eet net so 3eetlepels(johurt of gekookte kos of sop ens) kos en dan wil sy niks meer weet nie. Sy het altyd dan 200ml melk 7uur gedrink wat ek nou verminder het na 150ml maar sy soek dan elke aand steeds nog melk. Sy drink glad nie deur die nag nie. En word eers 6uur wakker wanneer sy dan tee drink. Kry sy genoeg kos vir aandete in?
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba kry definitief genoeg kos gedurende die dag. Dit is geen wonder dat sy in die aand nie wil eet nie. Die bewys day sy genoeg kos en melk kry is die feit dat sy geen melk in die nag drink nie. Ek neem aan dat sy goed gewig optel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.