Childhood Diseases

Question
Posted by: Anna | 2009/11/20

Q.

13 weke ou baba

My baba seuntjie is vandag 13 weke oud en weeg tans 7kg, ' n vris ou bulletjie, ek wil net graag uitvind of hy al kan begin vaste kosse soos baba pap eet. My ma het in ' n boek gelees dat babas kan begin pap eet vanaf 7kg. Ek wil ook graag uitvind of ' n baba deurmekaar kan raak tussen sy ma en ouma want ek bly by my ma hulle, my man het my gelos toe my baba 3 weke oud was en sy is baie erg oor hom en gedurig tussen in, hy lag baie lekker vir haar en ek is effens bekommerd dat hy dalk haar insien as sy ma en nie vir my nie? Dankie vir al die vrae wat u vir ons beantwoord.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is geen rede vir enige kommer in verband met jou baba. Hy weet baie goed wie is sy Ma. Oumas is baie belangrik vir kinders en jou baba sal baie lief wees vir sy ouma, maar sy ma bly No. 1.Hy kan op 4 maande begin om pap te eet.Die gemiddelde gewig vir 'n baba seuntjie van 13 weke is 5.8kg. Dus vorder jou baba baie goed op sy huidige voeding. Daar is geen rede om haastig te wees om vaste kos te begin.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.