Childhood Diseases

Question
Posted by: Coreen | 2009/09/03

Q.

13 maande oue dogtertjie

Ek wil graag by u uitvind my dogtertjie is n borsbaba sy wou nooit die bottel/dummy vat nie. Sy weier ook om enige blik of koei melk te drink. Sy is piekfyn deur die dag om sonder die bors klaar te kom, maar snags is n geweldige probleem sy sal heelaand aan my dummy as sy kon of op my bors le. Sy is baie ma-vas. As ek moedeloos raak met die gedummy snags en ek raak kwaai met haar raak sy histeries, ek weet dis n tipe manupilasie, maar wat staan my te doen? Sy raak ook moeilik aan die slaap as sy sekere aande wakr word dan sit ek tot 2 na 3 ure met haar. Ek weet dis ook n tandekry stadium, maar ek wil nie graag elke aand stopayne/tandestroop gee as ek nie seker is dat dit wel dit is nie. Kan u vir my raad gee? Ek is baie moeg al en vreeslik ongeduldig.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie voedings probleem is nie as gevolg van honger of tandekry nie. Dit is 'n gewoonte en jou baba gebruik jou bors in plek van 'n dummy. Probeer weer om vir haar 'n dummy te gee sien of dit help en sy moet in haar eie bed nou begin slaap. Dit sal nie maklik wees nie, maar dinge moet verander.Hopelik sal ons forum-lede ook raad gee.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Trudie | 2009/09/08

Hi! My susssie se seuntjie het presies dieselfde gedoen. Sy' t vasgeskop, hom summier gespeen, hy' t 3 ure aanmekaar gehuil, en toe maar die bottel met sap gevat. Hy was bietjie omgesukkel vir 3 dae, maar is nou heeltemal gespeen!

Reply to Trudie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.