Childhood Diseases

Question
Posted by: Nadia | 2012/06/28

Q.

12 weke oue baba &  S26

Hallo Dokter

Dok ek wil net graag weet, my seuntjie is nou 12 weke oud. Ek het Maandagaand met ''n byvoeding (S26 Gold) begin omdat hy die laaste 2 weke te min gewig opgetel het met die borsvoeding. Ek voed hom (borsmelk) elke 4 ure gedurende die dag en gee hom nou ''n byvoeding (9pm). Hy het van geboorte af vreeslik gesukkel met sy neusie wat toe is en sy ruggie " roggel"  van reflux. Met sy 6 weke ondersoek het die dokter vir my nexiam voorgeskryf en hy drink elke aand 1 sakkie met 15ml water. Dit het baie gehelp met die reflux (agv borsmelk) en ek suig sy neusie gereeld deur die dag skoon. Dit het aansienlik verbeter tot gister. Van gister af is sy neusie weer baie toe en hy het ''n slegte hoesie. Ek is nou nie seker of dit die melk (S26 Gold) is nie of dit dalk sy boetie (2 jaar 5 maande) is wat hom dalk aangesteek het nie. Sy boetie het brongitus (vroee tekens van longontsteking volgens die dokter). My klein babatjie het nie koors nie en drink nog goed sy melk. Ek is nie seker wat om te doen nie?

Baie dankie
Nadia

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moeilik om seker te wees of jou babatjie miskien allergies is vir die koeimelk in die S26 of hy 'n verkoue het. Die beste sal wees om die S26 te stop en hom net te borsvoed. Indien sy neusie nog erg toe bly is dit as gevolg van 'n verkoue en nie as gevolg van die S26 formule is nie. In elk geval sien ek nie eintlik 'n goeie rede vir hierdie byvoeding nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Shawyee | 2012/07/19

Your pictures of a warm sunny day look dehiultfgl it''s so cold here, just wanting to spring to happen 29 degrees F (-1.6 C). Alice is so precious, just wishing I could pick her up and cuddle. We''ll continue praying for Teddy. Can''t believe that one year ago I was preparing to visit NZ. The owls have begun hooting at night, a wonderful sound to fall asleep to and the birds are beginning to return, so spring is on the way, just very cooly!

Reply to Shawyee

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.