Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2012-06-13

Q.

1 jaringe hardlywig

Prof, ons 1 jaar oud baba dogtertjie was verlede week in die hospitaal met die Adeno virus. Sy is nou gesond, antibiotika opgebruik, neusie het opgeklaar en sy hoes ook nie meer nie. Sy begin darem ook nou weer beter eet elke dag, drink haar melk baie goed. Sy is egter nou vreeslik hardlywig! Sy het vanaf Saterdag nog nie n vuil doek gehad nie. Gister het my man vir haar n glecyrine setpil ingesit, daar het net 3 vreeslike groot " bomme"  uitgekom. Haar magie is vreeslik geswel en sy slaap baie sleg snags, is gedurig wakker en huilerig. Vanoggend weer n setpil ingesit maar niks het uitgekom nie. Ek gooi ook van Maandag aand af 5ml Laxette in haar aand bottel en 2,5ml in die oggend bottel. Dit help ook nie. Enige raad asb, ek dink sy is vreeslik ongemaklik en dis dalk hoekom sy ook nie wil eet nie!
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou baba se skielike probleem met hardlywigheid as gevolg van die antibiotikas is of miskien ander medisyne wat sy onlangs gebruik het wat miskien kodeine bevat. Gee vir haar 'n probiotika soos Reuterina druppels vir minstens 10 dae. Gebruik ook 'n baba glycerine setpil een keer per dag vir twee dae. Indien sy nog 'n formule melk drink sal sy beter vorder op Lactogen2.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: Jana | 2012-06-13

Dankie Annie, sy eet vreeslik baie Purity Pruime, dis omtrent al wat sy die laaste paar dae ge eet het, ten minste n potjie op n dag en nie eens dit werk nie!

Reply to Jana
Posted by: Annie | 2012-06-13

Dis miskien eenvoudige raad, maar vir ons werk pruipsap altyd (van purity) of nog beter pruim-purity.
Vir grootmense werk pruime ook.

Reply to Annie
Posted by: Jana | 2012-06-13

Prof, vergeet om te se, sy huil vreeslik as sy druk! Die setpille en Laxette het nog altyd gewerk in die verlede. Sy is op koeimelk al vir n maand en ons het nog nooit sulke probleme gehad nie.
Dankie

Reply to Jana

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.