Childhood Diseases

Question
Posted by: Jenn | 2009/03/09

Q.

1 jarige eet net sagte kos soos purity

Hallo Doc
My eenjarige seun eet die laaste twee weke omtrent niks nie. Hy lyk gesond en hardloop en speel nog soos normaalweg. Hy is verskriklik woelig wat my laat dink dat hy meer moet eet om daai energie te moet kry. Hy het nou 4 tande. Ek het maar so by almal gehoor dat dit die tande sny is wat maak dat hy nie eet nie en dat hy wel weer sal begin. Dis nou twee weke en hy weier net om te eet. By die kleuterskool eet hy net sy pap en yogurt. Selfde by die huis. Hy eet wel ' n klein stukkie brood, ' n halwe worsie en blokkies kaas, maar nie genoeg nie. Ek bied meer aan maar hy wil niks weet van vaste kos nie. Dit naweek uit desperaatheid toe gee ek vir hom ' n potjie patat en butternut purity en hy het als geeet. As ek die kos so fyn maak soos purity (met GEEN stukkies) dan eet hy dit. Ek het selfs vir hom ' n pap gekoop met Improved Texture, maar hy wou dit nie eet nie. Slegs kos wat heeltemal fyn is. Ook yogurt met vrugte stukkies probeer en hy weier om te eet. Moet ek maar aangaan met die kos wat fynegemaak is? Ek het al selfs van sy vloeistof begin wegvat om te kyk of hy nie wil honger raak nie, maar ek is bang hy dehidreer as ek dit doen. Hy dink 150ml tee, 300ml Nido, 250ml sap, en 200ml Lactogen 2 deur die dag. Die lactogen kry hy as hy gaan slaap. As ek Nido geen dan slaap hy nie. Moet ek hom dalk na ' n spesialis neem of is dit normaal. Dit lyk of hy nou begin gewig verloor en die laaste 3 aande het hy elke keer wakkergeword en eers weer gaan slaap as hy tee of melk kry. Hy het altyd deurgeslaap.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie eet patroon waar 'n baba van hierdie ouderdom net fyngemaakte kos wil eet kom baie dikwels voor. Hou aan om sy kos fyn te maak. Hy sal met tyd ander kos begin eet, maar intussen sal dit die beste wees om net sagte kos vir hom te gee.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.