Share

Shuttleworth: Dag 5: Hy oefen om spierverlies te beperk

Shuttleworth: Dag 5: Hy oefen om spierverlies te beperk s

Wat gebeur vandag – Maandag, die vyfde dag - met Mark Shuttleworth se liggaam by zero swaartekrag in die ruimte?

lLees meer oor balans in die ruimte in Health24 se Body in Space reeks.

 

Liggaamsvog: ‘n vyfde minder
Sy liggaam funksioneer nou “ruimte-normaal” op slegs 80 persent die volume van van sy “aarde-normale” totale liggaamsvog. Sy niere het aangepas, en hy voel goed. Hy is nie juis dors nie, en urineer nie juis baie nie.

Net 80 % van sy rooi- en witbloedselle oor
Hy funksioneer nou ook op sowat 80 persent van sy “aarde-normale” volume rooi- en witbloedselle. Dié veranderings pla hom nie juis in die ruimte nie.

Immuniteitstelsel aan't verswak
Die ruimtevaarders se immuniteitstelsel is reeds swakker. Hulle moet baie higienies optree om seker te maak hulle word nie siek nie. Die risiko word daagliks groter.

Hart nou ‘n derde kleiner
Shuttleworth se hart is nou waarskynlik reeds ‘n derde kleiner as voor die lansering. Maar die klein hart is “ruimte-normaal” en klop teen gewone hartspoed omdat dit kleiner bloedvolumes hanteer. Omdat sy beenspiere minder gebruik word, is sy hart se werk-las ook ligter. Hy oefen minstens twee en half uur per dag om te verseker dat sy hart nie verder krimp nie.


Die ruimtevaarder voel nie siek weens sy vergrote hart nie.

Verloor Beenmassa
Die verswakking van die skelet duur voort. Mark oefen twee en half uur per dag om die been- en spierverlies te beperk. Hy moet “vasgeanker” word om te kan oefen, anders vlieg hy met die geringste beweging deur die hele tuig.

Verloor spiermassa
Ruimtevaarders kan selfs op kort sendings 10 tot 20 persent van hulle spiermassa verloor. Die grootste verlies aan spiermassa is in die rug- en kuitspiere.

Emosionele uitwerking
Die beknoptheid van 19 vierkante meter in die tuig en die spanning weens die groot gevaarsituasie kan nou stadigaan probleme begin veroorsaak.

Interne horlosie
Ruimtevaarders slaap sowat 6 ure per dag. Die tuig wentel elke 90 minute om die aarde, en hulle leef in siklusse van 45 minte lig, 45 minute donkerte. Byna die helfte van alle medikasie wat ruimtemanne neem, is om te help om te slaap. Hulle kan begin moeg voel indien hulle nie genoeg slaap nie.

- (Health24, April 2002)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE