Share

Russiese kind in Kaap vir hartoperasie

'n Blou-oog Russiese hartlyertjie, Endokimov Gleb (2), het saam met die hartpionier prof. Chris Barnard in die Kaap aangekom vir 'n dringende operasie om sy lewe te red.

Die reddingsplan is gemaak nadat oudpres. Michail Gorbatsjof van die ou Sowjet-Unie Barnard genader het.

Die Barnard-stigting dra die koste daarvan, asook van die seun en sy ma se verblyf en vliegkaartjie. Hy is hier saam met sy ma, me. Evdokimova Kira Alexandrovna, en 'n verteenwoordiger van die Russiese konsulaat.

Dit is die vierde operasie in sy soort wat deur die stigting gefinansier word.

Volgens Barnard, sal die Kaapse hartchirurg dr. Susan Vosloo en 'n span die operasie van twee uur op Gleb gratis in die City Park-hospitaal doen. Evdokimov is volgens Barnard gebore met 'n vernouing in die groot aar van sy hart en ook 'n vernouing in die klep en are na sy longe. As hy nie behandeling ontvang nie, sal hy nie meer lank kan leef nie.

'n Moeë Barnard het gister met sy kinders, Armin (12) en Lara (3), aan die arm gesê die Barnard-stigting, wat ma's en kinders in arm lande help, het verlede jaar 'n prys van die Wêreldgesondheidsorganisasie in Wenen gekry.

Dit is hier dat Barnard en Gorbatsjof ontmoet het."Twee maande gelede het Gorbatsjof ons gevra om Gleb te opereer, omdat Russiese dokters nie die nodige toerusting daarvoor het nie," het Barnard gesê.

Barnard is drie dae gelede na Moskou om met Gorbatsjof en Gleb se dokter te gesels.

Die geld vir Gleb se behandeling en operasie sal ingesamel word deur die verkope van Barnard se nuwe boek, 50 Ways to a Healthy Heart. Barnard is tot 1 Junie in Suid-Afrika om die boek in Kaapstad en in Johannesburg te bemark.

Volgens hom sal die boek oor hoe om jou leefstyl aan te pas om hartkwale te voorkom, in 21 tale vertaal word. "Ek het dit eenvoudig geskryf, sodat dit selfs deur 'n boer se vrou verstaan kan word," het hy gesê. – (Willemien Brummer, Die Burger, 2002)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE