Hearing management

Question
Posted by: Anoni | 2009-08-06

Q.

TB van die oor??

Hi Izabelle

Ek is anoniem van post 159 met die een dowe oor.

Ek wil iets vra oor my dogtertjie. (mag dalk ' n lang storie wees)

Sy is 2jaar5maande. Sy het in Des 2007 haar eerste tand gesny en haar eerste oor infeksie gekry. Van daar af, was haar ore nog net nooit gesond nie. Sy het nou al lankal al haar tande, so dit kan nie meer die rede wees nie.

Laas Okt was sy so siek met middel oor ontsteking, dat sy van balans af was en niks kon inhou nie, sy is toe opgeneem in die hospitaal en moes as ' n nood grommets kry om die vloeistof agter die oordrom te dreineer

Dit het redelik goed gegaan tot januarie die jaar toe beide grommets uitgeval het. Sy het van daar af permanent oor ontsteking met ' n slymerige geel/groen dreinering. Dit loop tot uit op haar kussing en die pluisies moet omtrent uurliks geruil word.

Sy is in Maart weer opgeneem in die hospitaal - maar haar oordromme was nog geperforeer so hulle kon nie weer grommets ingesit het nie. Nou ja die probleem gaan nog aan.

Die gaatjies in haar ore was toe in April- Junie maar sy het toe in Junie weer begin om te dreineer uit die ore. Het haar gister by die ENT gehad. Daar is defnitief weer gaatjies in haar ore (blykbaar het die ore self geperforeer?) Sy kon niks allergie of sinus optel nie en het iets genoem van TB. Ek was so geskok en kwaad dat ek nie eers vrae gevra het nie.
(dr het ' n sinus en bors extraal doen - beide was skoon)

My dogtertjie het ' n baie baie lae immuniteit wat niemand nog ooit kon verklaar nie en sy is maar klein vir haar ouderdom (Okt was sy maar 9Kg maar is darem nou al so 13Kg)

Ekt nou begin soek vir info oor Oor Tb - maar die inligting is beperk

1 Wat is dit
2 Wat veroorsaak dit
3 Kan dit permanente skade laat
4 Hoe toets mens vir dit
5 Hoe word dit behandel

Expert's Reply

A.

Hearing Expert

Hallo Anoni

TB staan vir Tuberculosis. Daar is 'n kondisie wat hulle noem tuberkulose van die middeloor. Gaan asseblief so spoedig moontlik terug na jou Oor, Neus en Keelarts en laat haar toe om verdere ondersoek in te stel. Tuberkulose van die middeloor is nie baie algemeen nie en dit is baie goed dat jou ONK die moontlikheid daarvan oorweeg. Indien dit wel die geval is, is behandeling baie belangrik. Vra al jou vrae ook vir jou ONK. Sy sal in die beste posisie wees om vir jou detail te gee oor die moontlike diagnose, implikasies en behandeling. Onthou verder om jou kleinding se gehoor te laat toets deur 'n Oudioloog sodra alle mediese moontlikhede uitgeskakel is.

Laat weet my asseblief indien jy enige verdere inligting verlang.

Vriendelike groete
Izabelle Pieterse

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.