Hearing management

Question
Posted by: mams | 2008/11/13

Q.

seuntjie 2.5jr - grommits

Hi dok, kan u raad gee, my seuntjie was in Aug by ' n ONK spesialis toe het hy vog in sy oortjies gehad, hy het ons op 10dae behandeling gesit (antibotika, ildiadin en adco-sudafred) ons het na 10 dae terug gegaan en dit het opgeklaar, my seuntjie het toe weer siek geraak in Okt, en die pediater het gesien daar is weer vog in die een oortjie...sy wou ons weer ONK spesialis toe stuur maar ons medies is uitgeput en ons het gehoop dat die HOPE meds wat sy vir ons gegee het dit sal laat opklaar, wel hy was binne 3dae weer spring lewendig en gesond. Na Preflam, Illidian en Ashtavent. Wat my nou pla is dat my ma oplet deur die dag dat hy aan die oortjie vat en het ook gister op ' n stadium vir haar gesê  eina...mag ek waxol in sy oortjie gooi? indien nie, wat kan ek by die apteek vir hom kry.
Dankie vir u raad.

Groete
mams

Expert's Reply

A.

Hearing Expert

Hallo jong

Ek sal eerder voorstel dat jy weer by 'n dokter uitkom as jy nie onmiddelik by 'n ONK kan uitkom nie gaan dan na julle huisdokter. Dit is moontlik dat daar weer vog in die oortjie is. Onthou asseblief dat die vog 'n groot invloed kan he op die kleinding se gehoor en dit beteken dat hy kommunikasie mis. Ek sal ook sterk aanbeveel dat jy die kleinding se gehoor laat evalueer deur 'n Oudioloog - as jy nie weet van iemand in jou omgewing nie, laat my assebllief weet en ek sal jou met graagte verwys (izabelle@widex.co.za). Ek sou nie aanbeveel dat jy medikasie oor die toonbank gebruik nie, maak eerder eers seker wat presies die probleem is.

Laat my asseblief weet indien jy enige verdere inligting benodig

Vriendelike Groete
Izabelle Pieterse

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.