Hearing management

Question
Posted by: Tasja | 2009/08/20

Q.

Seun 4 jaar

My seuntjie is 4 jaar oud,en volg n sielkundige wat ek mee gepraat het is hy baie sensories sensitief.Hy skrik hom byna flou vir harde geluide al v baba dae af,soos ek vir haar vertel het het hy amper eers op n jaar die skrikreflex ontgroei.Hy hou nie v harde geluide,klanke naby hom nie,soos vlieftuig,helikopters,vragmotors,lugbaloone se blaasgeluide,of springkasteel se blaas geluid nie.As sy sussie wat 20 mnde is gil langs hom klap hy sy ore toe en hardloop weg of begin sommer huil.Hy wil nie in n winkel loop waar die musiek hard speel nie.Hy raak ook paniekerig as ons in n lughawe ingaan waar daar n gedruis is v mense.Dit versoorsaak alles onnatuurlike angse en vrese by hom wat hom in sy daaglikse lewe beinvloed.Andersins is hy n baie gelukkige outjie,hou v speel,en maatjies,lees ens.
Syt voorsgestel hy moet vir n assesering gaan by haar en dan deur n arbeidsterapeut gesien word.Stem jy saam met die behandeling vir sy sensitiewe gehoorprobleem?Syt ook gese hy moet dalk n spraakterapeut sien,aangesien hy sekere letters nog nie kan uitspreek nie,bv k,r,z, en sekeres agtermekaar,bv spinnekop se hy pinnetop,die s en die p kan hy nie agtermekaar se nie.Maar wel los v mekaar soos soen en papier!Kan dit wees agv sy gehoor senistiwiteit dat hy dalk die letters verkeerd hoor as ons dit uitspreek?

Expert's Reply

A.

Hearing Expert

Hallo Tasja

Daar is 'n paar moontlikhede en dit is belangrik dat daar verdere ondersoek ingestel moet word. Ek sou voorstel dat jy hom vat vir 'n volledige gehoorevaluasie deur 'n Oudiooog. Laat weet my asseblief as jy nie van iemand in jou omgewing weet nie en ek sal jou met graagte verwys (izabelle@widex.co.za). Gaan voort met die ander evaluasies - 'n professionele spanbenadering is die beste antwoord. Voordat hulle voortgaan met 'n spraakevaluasie of spraakterapie, verwys hulle as 'n reel eers vir 'n volledige gehoorevaluasie.

Laat weet my asseblief indien jy enige verdere inligting benodig.

Vriendelike groete
Izabelle Pieterse

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.