Hearing management

Question
Posted by: mamma | 2009/04/23

Q.

oor probleme

My seuntjie sukkel al van geboorte af met sy oortjies(gereelde oorontsteking)want hy is hoogs allergies.Hy het al 3 stelle gromets gehad.Hy praat buiten gewoon goed vir sy ouderdom.In februarie het die oor,neus en keel ' n perforasie in sy oordrom toegemaak wat vir ' n jaar daar was.voor die operasie het hulle sy gehoor getoets,en dit was normaal.Die oortjie is nou gesond,maar die laaste tyd is dit asof hy nie lekker hoor wat ons se nie,ons moet onself weer en weer herhaal.Kan dit wees dat die operasie sy gehoor beienvloed het.,en is dit nodig na so operasie om hom te vat dat hulle weer sy gehoor toets?

Expert's Reply

A.

Hearing Expert

Hallo

As u reeds vir die opvolgevaluasie na die operasie by die Oor, Neus en Keelarts was en hy/sy tevrede was, is die volgende stap om hom na 'n Oudioloog te neem vir 'n volledige gehoorevaluasie. Hy/sy sal julle dan kan verwys indien enige verdere evaluasies nodig is. Die Oudioloog kan bepaal of en waar skade in die gehoorsisteem is. Onthou dis altyd belangrik om jou kleinding vir gereelde evaluasie te neem veral as hy 'n geskiedenis van oorprobleme het.

As jy nie van 'n Oudioloog in julle area weet nie, kontak my gerus en ek verwys jou met graagte.

Vriendelike groete
Izabelle Pieterse

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Hannelie | 2014/11/22

My linker oor maak die laaste week (doef doef) geluid ...weet nie eintlik hoe om dit te beskryf nie...En elke keer as hy dit doen dan voel ek effens van balans af...wat is dit?

Reply to Hannelie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.