Hearing management

Question
Posted by: Karin | 2009-10-27

Q.

Gehoortoetse vir 2 jarige

Hi
Ek het so 3 mnde gelede my 2 jarige geneem vir gehoortoetse nadat ons begin vermoed het dat hy nie goed hoor nie. Daar is vasgestel dat daar vog in sy oortjies is maar die ander toetse kon nie gedoen word nie aangesien hy dit nie verstaan het nie. Hy moes iets in ' n houertjie gooi elke keer as hy ' n piep hoor en wou eerder met die goedjies speel. ' n Dokter het antibiotiese oordruppels voorgestel en dit het baie goed gewerk so ons het nie weer sy gehoor laat toets nie. Verlede week het hy erg verkoue gehad en nou kom ons agter dat hy weer nie hoor nie. Wat stel u voor. Moet ons direk na ' n oorspesialis gaan (wat heel moontlik grommits gaan voorstel) of moet ons eers weer die gehoor laat toets. Stuur die oorspesialis mens nie in elk geval eers na die oudioloog terug nie? Is daar bevredigende gehoortoetse wat deur ' n 2 jarige gedoen kan word? Baie dankie.

Expert's Reply

A.

Hearing Expert

Hallo Karin

Ek dink die beste is om eers die kleinding na die ONK te neem vir behandeling. Die Gehoortoets se resultate word beinvloed deur die middel-ore, so dis beter om die mediese behandeling eerste te doen. Dit is egter baie belangrik om dan weer sy gehoor te laat toets deur 'n Oudioloog. Daar is verskeie toetse wat gedoen kan word as mens nie 'n kleinding se samewerking kan kry met gedrags-gebasseerde toetse nie. Objektiewe toetse soos Akoestiese Reflekse, Oto-akoestiese Emissies, Timpanometrie en Ouditiewe Breinstam Evaluasies kan uitgevoer word.

Kontak my gerus indien jy enige verdere inligting verlang

Vriendelike groete
Izabelle Pieterse

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.